ONDERHOUD/WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep
skoon. Spoel dit met vars water en laat dit droog
word. Moet nooit bleikmiddels of ander chemiese
reinigers gebruik nie. Behandel die wiele en metaaldele
periodiek (ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou glad loop.
Die aluminiumdele van jou Joolz Day
is bedek om dit teen eksterne invloede soos korrosie te
beskerm. Bedekte aluminium-onderdele kan beskadig
word deur suurreinigers of vetterigheid, en dit kan
vlekke of verkleuring van die aluminiumonderdele
veroorsaak. Daarom raai ons jou aan om die
aluminiumonderdele van jou stootwaentjie met warm
water en 'n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Joolz bied 'n lewenslange waarborg op die
Joolz Day
. Die waarborg dek alle materiale en
+
vervaardigingfoute, maar nie die omruil of teruggee van
die produk nie. Om vir die lewenslange
waarborg te kwalifiseer moet jy net binne ses
maande ná aankoop jou Joolz-stootwaentjie op
register.joolz.com registreer en jou oorspronklike
aankoopbewys met die aankoopdatum bewaar. As
jy nie jou Joolz-stootwaentjie binne ses maande ná
aankope registreer nie, sal jy 'n twee-jaar-waarborg
ontvang.
Die waarborg is slegs geldig as jy die volgende items
saam met die defektiewe produk aan jou handelaar
beskikbaar stel:
1) Jou waarborg-sertifikaat
2) Enige vorm van persoonlike identifikasie
3) 'N afskrif van die aankoopbewys
(met die aankoopdatum)
4) 'N gedetailleerde beskrywing van die defek.
120
Joolz - Manual - Day+ - EMEA.indd 120
Joolz - Manual - Day+ - EMEA.indd 120
Jy sal die waarborgsertifikaat ontvang nadat jy
jou Joolz-stootwaentjie op ons webblad
(register.joolz.com) geregistreer het.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Let wel, enige herstelwerk
verleng nie die waarborgperiode nie.
DIE WAARBORG DEK NIE:
1) Defekte wat deur normale slytasie, soos uitgewerkte
wiele en tekstiel wat deur alledaagse gebruik
verweer is, krappe op die aluminium en/of metaal
en natuurlike verkleuring van materiale wat deur
-stootwaentjie
die verloop van tyd veroorsaak is, of skade wat
+
ontstaan deur nie die instandhoudinginstruksies te
volg nie.
2) Skade aan die wiele, soos gate en skeure.
3) Skade veroorsaak deur ongelukke, verkeerde
gebruik, nalatigheid, brand, kontak met vloeistowwe
of ander eksterne oorsake.
4) Skade veroorsaak deur nienakoming van die
instruksiehandleiding, instruksiefilms of ander
Joolz-riglyne.
5) Skade veroorsaak deur 'n ander produk, met
inbegrip van bybehore.
6) Skade veroorsaak deur diens of herstelwerk gedoen
deur iemand wat nie 'n amptelike verteenwoordiger
van Joolz is nie.
7) Diefstal.
8) Lugvervoer of vragskade.
Veiligheid was 'n belangrike oorweging deur die
hele ontwikkelingsproses van die Joolz Day
Derhalwe voldoen ons produkte aan die hoogste
veiligheidstandaarde:
Europe: EN 1888-2:2018 & EN 1466:2014/AC:2015
United States: ASTM F833 – 19, ASTM F2050-16
Canada: SOR/DORS/2016-167
Australia: AS/NZS 2088:2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak jou handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
.
+
31-03-2020 10:37
31-03-2020 10:37