Joolz Day+ Manual De Instrucciones página 118

Ocultar thumbs Ver también para Day+:
Tabla de contenido
Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 49
AFRIKAANS
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK
EN HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG. KOM DIE VERVAARDIGER SE
INSTRUKSIES NA.
WAARSKUWINGS
+ Dié sitplekeenheid is bedoel vir kinders van 6
maande tot 'n maksimum gewig van 50 lbs/22 kg en
'n maksimum lengte van 100 cm/42,5 duim.
+ Dié sitplekeenheid is nie geskik vir kinders onder 6
maande nie.
+ Die drabedjie is slegs geskik vir 'n kind wat nie alleen
kan regopsit, omrol of hom-/haarself op sy/haar
hande en knie kan opdruk nie. Maksimum gewig van
die kind: 9 kg/20 lb.
+ Dié produk is nie geskik vir hardloop of skaats nie.
+ Moet nooit die kind sonder toesig laat nie.
+ Om besering te vermy, maak seker dat jou kind/
kinders weggehou word wanneer jy dié produk
verstel, oop- en toevou.
+ Let daarop dat vingers vasgeknel kan word wanneer
die babawaentjie/stootwaentjie toe- en oopgevou
word. Neem die nodige sorg in die proses.
+ Vermy ernstige beserings as gevolg van val of uitgly.
Gebruik altyd die weerhoudingstelsel.
+ Maak seker dat die sitplek- of karstoeltjie-eenhede
korrek gekoppel is vóór gebruik.
+ Maak seker dat die drabedjie, sitplekeenheid of
karstoeltjie se koppelingstoestelle korrek gekoppel is
vóór gebruik.
+ Die Joolz Day
-drabedjie en sitplekeenheid is
+
slegs verenigbaar met die Joolz Day
omgekeerd.
+ Enige lading wat aan die stuurstang en/of aan die
agterkant of rugleuning en/of aan die kante van die
voertuig gehang word, kan die stabiliteit daarvan
affekteer.
+ Pakkies of bykomende items of beide wat op die
eenheid geplaas word, kan veroorsaak dat die
eenheid onstabiel raak. Oormatige gewig kan 'n
gevaarlike onstabiele toestand veroorsaak.
+ Die drabedjie of sitplekeenheid kan elk net een kind
op 'n keer dra.
118
Joolz - Manual - Day+ - EMEA.indd 118
Joolz - Manual - Day+ - EMEA.indd 118
+ Gebruik net karstoeltjies, vervangings- of
reserwedele en bybehore wat deur Joolz verskaf of
goedgekeur is.
+ Moenie enige kussing, donskombers of ekstra matras
vir opvulsel gebruik wat nie deur Joolz verskaf of
goedgekeur is nie.
+ Karstoeltjies wat in kombinasie met 'n onderstel
gebruik word, vervang nie 'n bababedjie of 'n bed
nie. As dit nodig word vir jou kind om te slaap moet
hy/sy volgens jou kind se behoeftes in 'n geskikte
wiegie, bed of goedgekeurde slaaparea neergelê
word.
+ Gaan die stootwaentjie se onderstel, drabedjie,
sitplekeenheid en bybehore gereeld na vir tekens van
skade of skeure.
+ Moenie die stootwaentjie gebruik as enige van die
onderdele beskadig, geskeur of weg is nie.
+ Sluit altyd die rotasieslot op die voorwiele voordat
die stootwaentjie toegevou word. Versuim om dit te
doen kan lei tot vervorming van die bande, veral in 'n
warm omgewing.
+ Koppel altyd die remme wanneer die kinders in die
waentjie geplaas, of daaruit gehaal word.
+ Maak seker die rempedaal is ten volle ingeskakel
wanneer die rem gebruik word.
-onderstel en
+ Die maksimum gewig van die inkopiemandjie is
+
11 lbs/5 kg.
+ Die maksimum gewig van die rugleuningsak is
2 kg/4,4 lb.
+ Maak seker dat kinders nie in die stootwaentjie
klim nie.
+ Moenie 'n kind/kinders toelaat om met hierdie
produk te speel nie.
31-03-2020 10:37
31-03-2020 10:37
Tabla de contenido
loading

Tabla de contenido