Joolz Hub carry cot Manual De Instrucciones página 38

Ocultar thumbs Ver también para Hub carry cot:
Tabla de contenido
Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 15
AFRIKAANS
BELANGRIK: LEES ASSEBLIEF HIERDIE INSTRUKSIES NOUKEURIG VÓÓR GEBRUIK EN
HOU DIT OM IN DIE TOEKOMS TE RAADPLEEG.
WAARSKUWING
VIR DIE DRABEDJIE
+ Die Joolz Hub -bababedjie is geskik
vir 'n kind wat nie alleen kan regopsit,
omrol of hom-/haarself op sy/
haar hande en knie kan opdruk nie.
Maksimum gewig van die kind: 9 kg.
+ Dié produk is slegs geskik vir 'n kind
wat nie sonder ondersteuning kan
regopsit nie.
+ Gebruik slegs op 'n ferm, horisontaal-
gelyk en droë oppervlak.
+ Moenie toelaat dat ander kinders
sonder toesig naby die drabedjie speel
nie.
+ Moenie die drabedjie gebruik as enige
deel daarvan gebreek, geskeur of weg
is nie.
+ Hou die Joolz Hub weg van oop vure
of ander hittebronne, soos elektriese
staafverwarmers, gasvure, ens.
+ Die stuur en die onderkant van die
drabedjie moet gereeld nagegaan
word vir tekens van skade of verweer.
+ Maak vóór gebruik altyd seker dat die
bufferstaaf korrek gekoppel is aan die
bababedjie/sitplekeenhede.
+ Die kind in die drabedjie se kop moet
nooit laer as sy/haar liggaam wees
nie.
+ Moenie 'n ekstra matras bo-op die
matras wat deur Joolz verskaf is, plaas
nie.
+ Gebruik slegs onderdele wat deur Joolz
verskaf of aanbeveel word.
74
Joolz - Manual - Hub - Carry cot - LTW-BF - EMEA.indd 74-75
ONDERHOUD /
WASINSTRUKSIES
Maak die materiaal met louwarm water en seep skoon.
Spoel dit met vars water en laat dit droog word. Moet
nooit bleikmiddels of ander chemiese reinigers gebruik
nie. Behandel die wiele en metaaldele periodiek
(ongeveer een keer per maand) met Teflon- of
silikonsproei om seker te maak dat die stootwaentjie
aanhou om glad te loop.
Die aluminiumdele van jou Hub-stootwaentjie
is geanodiseer om dit te beskerm teen eksterne
invloede soos korrosie. Geanodiseerde aluminium-
onderdele kan beskadig word deur suurreinigers of
vetterigheid, en dit kan vlekke of verkleuring van die
aluminiumonderdele veroorsaak. Daarom raai ons jou
aan om die aluminiumonderdele van jou stootwaentjie
met warm water en 'n sagte doek skoon te maak.
WAARBORG
Joolz bied 'n lewenslange waarborg op die
Joolz Hub. Die waarborg dek alle materiale en
vervaardigingfoute, maar nie die omruil of teruggee
van die produk nie. Om vir die lewenslange waarborg
te kwalifiseer moet jy net binne ses maande ná
aankoop jou Joolz-stootwaentjie op register.joolz.
com registreer en jou oorspronklike aankoopbewys
met die aankoopdatum bewaar. As jy nie jou Joolz-
stootwaentjie binne ses maande ná aankope registreer
nie, sal jy 'n twee-jaar-waarborg ontvang.
Die waarborg is slegs geldig as jy die volgende items
saam met die defektiewe produk aan jou handelaar
beskikbaar stel:
1) Jou waarborg-sertifikaat
2) Enige vorm van persoonlike identifikasie
3) 'N afskrif van die aankoopbewys (met die
aankoopdatum)
4) 'N gedetailleerde beskrywing van die defek.
Jy sal die waarborgsertifikaat ontvang nadat jy
jou Joolz-stootwaentjie op ons webblad
(register.joolz.com) geregistreer het.
As die handelaar jou nie kan help met jou klagte nie,
kontak asseblief vir Joolz. Let wel, enige herstelwerk
verleng nie die waarborgperiode nie.
DIE WAARBORG DEK NIE:
1) Defekte wat deur normale slytasie, soos uitgewerkte
wiele en tekstiel wat deur alledaagse gebruik
verweer is, krappe op die aluminium en/of metaal
en natuurlike verkleuring van materiale wat deur
die verloop van tyd veroorsaak is, of skade wat
ontstaan deur nie die instandhoudinginstruksies te
volg nie.
2) Skade aan die wiele, soos gate en skeure.
3) Skade veroorsaak deur ongelukke, verkeerde
gebruik, nalatigheid, brand, kontak met
vloeistowwe of ander eksterne oorsake.
4) Skade veroorsaak deur nienakoming van die
instruksiehandleiding, instruksiefilms of ander
Joolz-riglyne.
5) Skade veroorsaak deur 'n ander produk, met
inbegrip van bybehore.
6) Skade veroorsaak deur diens of herstelwerk
gedoen deur iemand wat nie 'n amptelike
verteenwoordiger van Joolz is nie.
7) Diefstal.
8) Lugvervoer of vragskade.
Veiligheid was'n belangrike oorweging deur die hele
ontwikkelingsproses van die Joolz Hub-stootwaentjie
en bababedjie. Derhalwe voldoen ons produkte aan
die hoogste veiligheidstandaarde:
Europa: EN 1888:2012 / EN 1466:2014/AC: 2015
Verenigde State: ASTM F833-15 / ASTM F2050-16
Kanada: SOR/2016-167
Australië: AS/NZS 2088:2013
Besoek asseblief joolz.com, facebook.com/myjoolz of
kontak u handelaar vir enige vrae en/of kommentaar.
instruction manual
Joolz Hub carry cot
08-10-18 11:55
75
Tabla de contenido
loading

Este manual también es adecuado para:

Hub

Tabla de contenido