Blue Lagoon UV-C Timer 40.000 Manual De Instrucciones página 58

Tabla de contenido
Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 19
7 Die elektriese gedeelte van die toestel bevind hom in die vertoonkas (S) op die toestel. Hierdie vertoonkas is gelym en kan nie oopgemaak
word nie. By vervanging van die elektriese gedeelte of die vertoonskerm moet die volledige kas losgeskroef word en die bedrading van die
toestel losgemaak word (sien tekening 1). Draai die skroefring (N) los en maak die lamphouer versigtig los van die lamp. Maak seker dat
u die diverse los onderdele soos van die aarding ens. goed bewaar. Hulle word nie saam met 'n nuwe omhulsel of elektriese gedeelte
verskaf nie. Indien daar enige moontlike twyfel oor die aansluiting bestaan, raadpleeg 'n erkende installeerder.
8 Indien die omhulsel moet vervang word, moet die aarding (J) en die elektriese gedeelte met vertoonskerm (S) eers van die omhulsel (U)
losgemaak word (sien tekening 1 & 2). Skroef die elektriese gedeelte met vertoonskerm (S) en die lamphouer los van die omhulsel.
Verwyder die lamp (K) en kwartsglas (M) uit die omhulsel om breekskade te voorkom tydens vervoer. Maak seker dat u die diverse los
onderdele van die aarding goed bewaar. Hulle word nie saam met 'n nuwe omhulsel verskaf nie. Indien daar enige moontlike twyfel oor
die aansluiting bestaan, raadpleeg 'n erkende installeerder.
Tegniese spesifikasies
• Lamp Philips TUV T5
• UV-C (W) uitgangsvermoë
• UV-C (%) na 4.500 uur
• UV-C (%) na 9.000 uur
• Swembadinhoud (L.)
• Maksimum vloeitempo
• Maksimum druk
• Maksimum temperatuur
• Minimum temperatuur
• Aansluiting
• Lengte van toestel
Tipe UV-C stelsels
Artikelnommer: B210002 Blue Lagoon UV-C tydreëlaar 40.000 L / 40 Watt (230 V; 50/60 Hz)
Artikelnommer: B210003 Blue Lagoon UV-C tydreëlaar 75.000 L / 75 Watt (230 V; 50/60 Hz)
Vervangingslampe
Artikelnommer: E800901 Philips Lamp tipe TUV 36T5 4P-SE (40 Watt)
Artikelnommer: E800902 Philips Lamp tipe TUV 36T5 HO 4P-SE (75 Watt)
Waarborgvoorwaardes
Hierdie produk is gedurende 24 maande na aankoopdatum gewaarborg teen fabrieksfoute. Die lamp en die kwartsglas val buite die
waarborg. Waarborgeise kan slegs behandel word as die produk gefrankeer teruggestuur word en vergesel is van 'n geldige bewys van
aankoop. Herstellings onder waarborg mag uitsluitend deur die verskaffer uitgevoer word. Waarborgeise wat veroorsaak is deur
installerings- of bedieningsfoute word nie erken nie. Defekte wat ontstaan deur gebrekkige onderhoud val ook nie onder die waarborg nie.
Voortvloeiende skade is uitgesluit van die waarborg. Ook onderdele wat aan slytasie onderhewig is, soos rotors, val nie onder die waarborg
nie. Die verskaffer is op geen enkele manier verantwoordelik vir skade veroorsaak deur die verkeerde gebruik van die produk nie. Die
verskaffer kan nie aanspreeklik gehou word vir voortvloeiende skade wat deur die onklaarraking van die toestel ontstaan nie. Klagtes wat
verband hou met vervoerskade kan slegs aanvaar word, wanneer die beskadiging by aflewering deur die verskepingsagent of poskantor
vasgestel of bevestig is. Slegs dan is dit moontlik om eise in te stel teen die verskepingsagent of poskantoor.
58
40.000 L
40 Watt
15 Watt
85%
0%
40.000 L
20.000 l/h
3 bar
35°C
0°C
Ø 63 mm/Ø 50 mm
100 cm
75.000 L
75 Watt
25 Watt
80%
0%
75.000 L
25.000 l/h
3 bar
35°C
0°C
Ø 63 mm/Ø 50 mm
100 cm
Tabla de contenido
loading

Este manual también es adecuado para:

Uv-c timer 75.000

Tabla de contenido