Installering van aarding (Tekening 1)
1 Voordat u die kunsstof spanningsontlasklamp (F) op die aardingsbout (A) monteer, moet u eers die kabel (B) deur die
spanningsontlasklamp (F) trek. Plaas die spanningsontlasklamp (F) op ongeveer 10 cm afstand van die oog (H) van die aardingskabel (B).
2 Plaas die oog (H) van die kabel (B) oor die aardingsbout (A) wat aan die omhulsel vasgemaak is.
3 Plaas vervolgens 'n getande waster (C), seskantmoer (D) en weer 'n getande waster (E) op die oog (H).
4 Maak die spanningsontlasklamp (F) bo-op vas sodat 'n lus met 'n deursnee van 5 cm gevorm word.
5 Ten slotte, plaas die sluitmoer (G) op die aardingsbout (A).
6 Indien die verskeie moere in die korrekte volgorde op die aardingsbout (A) geplaas is, kan dit met 'n nommer 8 oopbeksleutel of ringsleutel
vasgeskroef word. Maak seker dat dit nie te styf vasgeskroef word nie, aangesien dit die spanningsontlastingsklamp kan laat breek. (Die
transparante moer wat by aflewering op die aardingsbout (A) geskroef is, word nie langer benodig nie en kan weggegooi word).
Installering van toestel (Tekening 2)
Moet die Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar nooit direk ná die PH reëlaar of soutelektrolisesisteem op u swembadinstallasie installeer nie. Die
beste plek om die toestel te installeer is direk ná die filter. Hierdie toestel moet nooit onder die water gedompel word nie. Installeer steeds
buite die swembad. Maak seker dat daar altyd water deur die eenheid stroom as die lamp brand.
1 Bepaal die gewenste posisie om die toestel te installeer. Maak seker dat daar voldoende ruimte (+/- 1 meter) oorbly om die lamp (K)/
kwartsglas (M) te verwyder vir vervanging en/of onderhoud.
2 Monteer die ingeslote pypklampe (O) op 'n vaste plek, bevestig die eenheid in die pypklampe en draai die driedelige koppeling (I) vas. Let
daarby op die juiste posisie van die afdigtingsringe (P) sowel by die aansluitings as by die kwartsglas (sien tekening 2).
3 Monteer die eenheid d.m.v. die driedelige koppelings (I) in die stelsel. Die in- en uitlaat van die driedelige koppeling is 63 mm in deursnee.
Indien u leidings kleiner is as 63 mm, kan u gebruik maak van die verloopstuk (Ø 63 x Ø 50 mm) (T). U moet dit vaslym op die driedelige
koppeling (I). Aan die binnekant van die verloopstuk (T) bevind hom aan één kant skroefdraad wat die moontlikheid bied om eventueel
verloopband inklusief afdigtingsring (word nie voorsien nie) daarop te monteer. Verloopstelle is beskikbaar by u verskaffer (artikelnommer
B290020).
4 Draai die skroefring (N) los van die omhulsel (U). Haal die UV-C lamp (K) uit die saamgelewerde koker (sien verpakking) en skuif die lamp
versigtig in die kwartsglas (M). Koppel die wit lamphouer (L) versigtig aan die UV-C lamp (K) en skroef daarna die skroefring (N) met die
hand vas op die omhulsel (U).
5 Stel die pomp in werking en kontroleer die sisteem vir doorstroom en lekkasies.
6 Stop die kragprop van die UV-C toestel in 'n muursok met randaarde en voorsien van aardlekstroombreker. Kontroleer of die lamp brand
deur die transparante dele van die toestel. U skakel die toestel uit deur die kragprop uit die kragsok te trek.
Gebruiksaanwysing digitale uurteller
As die Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar ingeskakel is, gaan die program homself toets. Die vertoonskerm gee die volgende aanduidings
outomaties na mekaar: 8888 (vertoonskerm toets) ; r en sagteware versie nommer ; 50 H of 60 H indikasie van die netfrekwensie
Daarna spring die vertoonskerm na die tellerposisie.
As die UVC lamp vir die eerste keer ingeskakel is of nadat die "herset" funksie gebruik is, sal die waarde 4500 op die vertoonskerm verskyn. By
die mees regterkantste syfer op die vertoonskerm knipper elke sekonde 'n punt wat aandui dat die teller loop.
Die vertoonskerm staan outomaties op die deur die fabriek ingestelde tellerposisie van 4500 uur. Tot 4500 uur behou die UV-C lamp 100%
van sy werkende straling. Na 4500 uur neem die straling af en kan onvoldoende wees om tot die gewenste resultate te kom.
Indien u die UVC lamp al langer gebruik en dit al eens eerder ingeskakel was, sal die vertoonskerm ná die inskakel die waarde weergee wat
dit gehad het voordat die UV-C lamp uitgeskakel is. Indien u die posisie van die uurteller self verhoog of verlaag het, word die laaste
tellerposisie weergegee wat die vertoonskerm gehad het voordat dit uitgeskakel is.
U kan die instellings van die uurteller wysig indien verlang. Dit doen u soos volg:
Ná die skakelaar (R) onder die vertoonskerm vir 5 sekondes lank ingedruk is, gee die vertoonskerm "rSt" aan ter indikasie dat die
gebruikermenu geselekteer is. Na die loslaat van die skakelaar (R) knipper die tellerposisie en "rSt" afwisselend op die vertoonskerm. Deur
hierna die skakelaar vir 'n kort ruk in te druk, word deur die moontlikhede van die menu gestap. Daar is 3 instelmoontlikhede in die menu:
"rSt" "UP" en "dn".
56