Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar 40.000 – 75.000
Lees hierdie gebruiksaanwysing aandagtig alvorens hierdie toestel te installeer.
Werking
In die Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar word 'n UV-C straling gegenereer van 253,7 nm golflengte deur die spesiale Philips UV lamp, wat sorg vir
'n dodende werking op bakterieë (o.a. die legionella bakterie). Die Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar sorg op 'n doeltreffende en
omgewingsvriendelike wyse vir skoon, vars en helder water. Die water word d.m.v. 'n pomp deur die UV-C toestel gevoer. Die UV-C straling
neutraliseer bakterieë, virusse en andere primitiewe organismes en stop die voortplanting daarvan. Die Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar het 'n
ingeboude hoëfrekwensie elektroniese ballas. Hierdie ballas vang stroomskommelings op en beskerm hiermee die lamp. Ook bevat die
toestel 'n geïntegreerde uurteller wat noukeurig die aantal brandure aanteken. U kan presies sien wanneer die lamp moet vervang word.
Bowendien sorg die vlekvryestaal binnekant vir refleksie van die UV-C straling waardeur die doeltreffendheid met tot 35% vergroot word.
Danksy die Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar sal u water op 'n doeltreffende en veilige wyse gedisinfekteer word en behou u 'n uitstekende
waterkwaliteit.
Voordele van UV-C behandeling:
• Sorg vir vars, skoon en helder water
• Disinfekteer water op 'n doeltreffende en veilige manier
• UV-C lig breek gebonde chloor af
• Beskerm u swembad teen siektekieme
• Hou die vorming van skimmel, bakterieë en alge onder beheer
• Kan die gebruik van chloor en ander chemikalieë tot 80% verminder
• Voorkom chloorlug en irritasie aan huid en oë (rooi oë)
• Beter vir die omgewing in vergelyking met tradisionele metodes
Voordele van Blue Lagoon UV-C Tydreëlaar:
• Ingeboude elektroniese voorskakeltoestel, vir 'n gelykmatige stroomvoorsiening.
• Tot 35% meer UV-C opbrengs deur refleksie
• Bevat 'n Philips UV-C lamp met 9000 brandure
• Geïntegreerde verstelbare uurteller vir die UV-C lamp
• Gee digitaal aan wanneer die lamp moet vervang word
• 316L vlekvryestaal omhulsel
• Eenvoudige installering en onderhoud
• 2 jaar waarborg op fabrieksfoute
• Is geaard
• Verloopstukke Ø 63 mm na Ø 50 mm word voorsien
Veiligheid
Hierdie toestel produseer skadelike straling. Direkte kontak kan gevaar oplewer vir oë en huid.
Kontroleer die werking van die UV-C lamp daarom uitsluitend via die transparante dele van die eenheid.
- Trek altyd die kragprop uit die kragsok voordat u instandhoudings- of herstelwerksaamhede aan die toestel uitvoer. Moet nooit die
kragprop in / uit die kragsok druk / trek as u in 'n plas water staan of nat hande het nie.
- Hou kinders uit die buurt van hierdie toestel en die snoer.
- Die kabel van hierdie toestel is nie vervangbaar nie. In geval van beskadiging van die kragkabel moet die komplete elektriese gedeelte van
die toestel vervang word. Verwyder nooit die kragprop maar laat die elektriese gedeelte intakt. 'n Elektriese gedeelte met afgeknipte
kragprop val nie onder die waarborg nie.
- Installeer die toestel nooit op 'n plek in die volle son nie.
- Maak seker dat daar altyd water deur die eenheid stroom as die lamp brand.
- Ná die toestel uitgeskakel is, sal die lamp nog ongeveer 10 minute lank warm bly.
- Moenie die toestel gebruik indien enige onderdele (in die besonder die kwartsglas) beskadig is nie.
- Verwyder die toestel by bevriesingsgevaar tydens die wintermaande.
- Die vlekvryestaal omhulsel van die toestel is nie geskik vir soutwaterswembaddens met 'n hoë soutgehalte nie. By 'n te hoë soutgehalte
oksideer die staal en raak die omhulsel beskadig.
- Gebruik hierdie produk uitsluitend volgens die riglyne soos beskryf in hierdie handleiding.
ZA
55