Veiligheidsadvies En Waarskuwings - Mellerware Rider 2.0 Manual De Usuario

Tabla de contenido
Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 7
Afrikáans
Stokstofsuier met koord
RIDER 2.0
Liewe kliënt,
Baie dankie dat jy gekies het om 'n MELLERWA-
RE handelsmerkproduk te koop.
Danksy sy tegnologie, ontwerp en funksionering,
asook die feit dat dit strengste gehaltestandaarde
oortref, word die uiters bevredigende gebruik
daarvan en 'n lang produkleeftydperk hiermee
verseker.
Lees hierdie instruksies sorgvuldig deur voordat
u die toestel aanskakel en hou dit vir toekom-
stige verwysing. Versuim om hierdie instruksies
noukeurig te volg en waar te neem kan 'n ongeluk
veroorsaak.
VEILIGHEIDSADVIES EN
WAARSKUWINGS
- Hierdie toestel kan gebruik
word deur kinders vanaf 8 jaar
en ouer asook persone met
gebrekkige fisiese, sensoriese
of verstandelike vermoëns of
'n gebrek aan ondervinding en
kennis as toesighouding of inst-
ruksies rakende die veilige ge-
bruik van die toestel aan hulle
verskaf is en hulle die betrokke
gevare verstaan.
- Die skoonmaak en gebruiker-
sonderhoud van die toestel sal
nie deur kinders sonder toesig-
houding gedoen word nie.
- Hierdie toestel is nie 'n speel-
ding nie. Toesighouding oor
kinders word aanbeveel om te
verseker dat hulle nie met die
toestel speel nie.
- Diskonnekteer die toestel van
die hoofkragleiding wanneer die
toestel in onbruik is en voordat
enige skoonmaaktake onder-
neem word.
- Indien die koppeling aan die
hoofkragleiding beskadig is,
moet dit vervang word. Neem
die toestel na 'n gemagtigde
tegniese ondersteuningsdiens.
Moenie probeer om die toestel
self uitmekaar uit te haal of te
herstel om moontlike gevaar te
vermy nie.
- Maak seker dat die stroomspanning soos op
die toestel se metingsetiket ooreenstem met
die hoofkragleiding voordat dit ingeprop word.
- Koppel die toestel aan 'n kontakpunt wat min-
stens 10 ampère kan weerstaan.
- Die kragprop van die toestel moet behoorlik in
die hoofkontakpunt pas. Moenie die kragprop
verstel nie. Moenie aansluitproppe gebruik nie.
- Moenie die kragkoord forseer nie. Moet nooit
die toestel se kragkoord gebruik om die toestel
op te tel, te dra of om die kragprop van die
toestel uit te trek nie.
- Kontroleer die toestand van die kragkoord.
Beskadigde of geknoopte koorde verhoog die
risiko van elektriese skok.
- Moenie die kragprop met klam hande aanraak
nie.
- Moenie die toestel gebruik nie indien die koord
of kragprop beskadig is.
- Indien enige van die toestel se voerings breek,
ontkoppel onmiddellik die toestel van die
hoofkragleiding om die moontlikheid van 'n
elektriese skok te voorkom.
- Moenie die toestel gebruik nie indien dit op die
vloer geval het, dit sigbare tekens van skade
het of indien dit 'n lekplek het.
- Moenie die toestel in die reën laat of dit aan
vog blootstel nie. Indien water in die toestel
beland, sal dit die risiko van elektriese skok
verhoog.
Tabla de contenido
loading

Tabla de contenido