3
Gebruik
V
ersigtig
Jou toerusting en jou sleeptou:
- Inspekteer alle toerusting voor gebruik. Kontroleer
jou persoonlike flotasietoestel voor elke gebruik en
moenie dit gebruik as dit beskadig is nie.
- Sleeptoue strek tydens gebruik. As 'n tou breek of
skielik gelos word, kan dit terugslaan en die insitten-
des van die boot of die gebruiker raakslaan, wat tot
besering of die dood kan lei.
- Inspekteer die tou en hegstuk vir rafels, snye, skerp
rante, knope of verwering voor gebruik.
- Moenie die sleeptou gebruik as dit beskadig is nie,
aangesien dit kan breek.
- Gebruik 'n behoorlike sleeptou vir die aktiwiteit en
vrag.
- Maak seker dat alle toue weg is van die ryer af voor die
wegspring of tydens gebruik.
- Hou persone en toue weg van die skroef af wanneer
die enjin loop, selfs in neutraal. Indien die tou in die
skroef verstrengel raak, SLUIT DIE ENJIN AF EN VER-
WYDER DIE AANSITSLEUTEL VOORDAT JY DIE TOU
UITHAAL.
- Sleeptoue en -bande is onderhewig aan verwering
wanneer dit aan direkte sonlig blootgestel word. Die
lewensduur van die produk sal verleng word wanneer
dit weg van sonlig bewaar word.
V
ersigtig
Wanneer 'n band gesleep word:
- Vergewis jouself van alle toepaslike staats- en plaasli-
ke wette, sowel as die risiko's inherent aan die sport,
die gebruik van beskermende toebehore en die kor-
rekte gebruik van die toerusting.
- Ken die waterweë, wees versigtig en gebruik gesonde
verstand.
- Moet nooit wegspring voordat die ryer(s) beduie dat
hulle gereed is nie.
- Skakel die enjin af en verwyder die aansittersleutel
voordat jy jou sleeptou terughaal.
W
aarskuWing
Wanneer jy op 'n band ry:
- Pogings om van die land of 'n jettie af weg te spring,
verhoog die risiko van besering of die dood. GEBRUIK
HIERDIE PRODUK SLEGS OP WATER.
- Moenie in vlak water of naby die kus, pale, jetties,
vlotte, swemmers, ander bote of ander hindernisse
bandry nie.
- Die bestuurder moet uitkyk vir hindernisse en in staat
wees om te kan stop of draai om dit te vermy.
41
Next level leisure
- Ski of ry altyd beheersd en teen 'n spoed wat geskik is
vir jou vermoë. Ry gemaklik en goed binne jou perke.
- Stop wanneer jy moeg is. Jy moet in 'n goeie fisieke
toestand wees en versigtig wees in jou gebruik van
hierdie of ander sleepbare toerusting.
- Moenie hierdie band oor skuinshellings of vir spronge
gebruik nie.
- Val en die beserings wat daaruit mag voortspruit, is
inherente risiko's in die sport.
- Moenie hierdie band onder die invloed van alkohol en/
of dwelms ry nie.
4
Monteerinstruksie
Die opblaasinstruksies hieronder sal wissel na gelang
van die model wat jy gekoop het:
1. Sprei die nylonbedekking op die vloer uit.
2. Rits die opening op die bedekking oop waar van toe-
passing.
3. Blaas die veiligheidsholte van die PVC-band liggies op.
4. Plaas die PVC-buis deur die ritsopening op die bedek-
king. Maak seker dat jy die Boston-klep op die PVC in
lyn bring met die ronde opening van die bedekking.
5. Vat die punt van die buis en die rant van die bedek-
king vas en skud dit saam op en af om die PVC-band
binne-in glad te kry. Hou die Boston-klep korrek belyn,
want dit sal die opblaas van die band makliker maak.
6. Waar van toepassing, rits die bedekking toe voor die
band ten volle opgeblaas is. Maak seker dat die rits-
sluiter nie die PVC-band vasvang nie.
7. Blaas die hoofholte van die band met 'n hoëvolume-/
laedrukpomp op.
V
ersigtig
As jy 'n stadige luglekkasie opmerk, maak seker dat die
doppie van die klep reguit en styf ingedraai is en dat die
klep nie verkeerd ingeskroef is nie.
Maak asseblief seker dat jy nie die band óór-opblaas nie.
Die band moet vol wees, maar nie te styf nie. Die band
kan skeur as dit te styf opgeblaas is.
ZA