Blue Lagoon ProfiHeater
Lees voor installering van hierdie toestel eers sorgvuldig hierdie gebruiksaanwysing.
Toepassing
Die ProfiHeater word gebruik om swembadwater te verwarm. Die ProfiHeater is eenvoudig om te
installeer op u swembadsisteem. Om met die ProfiHeater 1 m3 water in 1 uur met 1°C te laat styg,
word ca. 1.000 kcal benodig. Hierdie formule is slegs 'n aanduiding, aangesien die temperatuur
eweneens afhanklik is van die oppervlakte en eventuele isolasie. Alle modelle is voorsien van 'n
reëlbare termostaat wat kan ingestel word van 5°C tot 40°C. Sowel die verwarmingselement met
temperatuurdetektor as die binnewerk van die omhulsel is uit 316L vlekvrye staal van hoë
gehalte vervaardig. Die ProfiHeaters kan deur middel van 'n slang (ø 25, 32 en 40 mm) of PVC pyp
(ø 50 en 63 mm) aangesluit word. Hierdie ProfiHeater is verkrygbaar in 1 kW, 2 kW en 3 kW.
Voordele van die ProfiHeater:
• Ingeboude termostaat
• Roesvrye staal omhulsel
• Universele aansluitstukke word voorsien
• Verwarming van u water tot 40°C
Veiligheid
• Trek by montering, demontering of onderhoud van die toestel steeds die prop uit die kragsok.
• Moet die toestel nie gebruik by beskadiging van onderdele nie.
• Skakel die toestel af wanneer daar geen water deurvloei nie. Sorg vir voldoende deurstroming,
onvoldoende deurstroming lei daartoe dat die element oorverhit en kan deurbrand. Sorg
daarvoor dat die toestel nooit droog loop nie. Installeer die ProfiHeater daarom altyd horisontaal,
met die in- en uitlaat aan die bokant.
• Vir 'n permanente aansluiting aan die kragnet moet voldoen word aan die voorskrifte van die
energiebedryf. By eventuele twyfel oor die aansluiting, moet 'n erkende installeerder of die
energiebedryf geraadpleeg word.
Onderhoud
• Moet hierdie toestel nooit onder die water dompel nie. Installeer altyd buite die swembad.
• Die ProfiHeater is onderhoudsvry. Eventuele herstellings moet altyd deur die vervaardiger
uitgevoer word. Die termostaatgedeelte mag nooit geopen word nie. By opening van die
termostaatgedeelte verval enige waarborgaanspraak onmiddelik.
• Die element mag nie vervuil deur aanslag of aangekoekte vuil nie. Sorg vir kalkvrye water en
plaas 'n filter voor die verwarmingselement.
• Voorkom lug in die sisteem. As 'n gedeelte van die element nie deur water omring is nie, kan
daardie gedeelte oorverhit raak en kan die element as gevolg daarvan deurbrand.
• Die vlekvryestaal omhulsel van die toestel is nie geskik vir soutwaterswembaddens met 'n hoë
soutgehalte nie. By 'n te hoë soutgehalte oksideer die staal en raak die omhulsel onherstelbaar
beskadig.
Installering
Installeer die ProfiHeater nooit direk ná die ph reëlaar of soutelektrolisesisteem op u
swembadinstallasie nie. Die beste plek om die toestel te installeer is direk ná die filter (en voor
die UV-C toestel, indien aanwesig).
• Die ProfiHeater is voorsien van ø 63 mm koppelings vir 'n lymbare aansluiting, lymbare
verloopstukke na ø 50 mm word voorsien. Let by die gebruik van PVC pype daarop dat hulle
spanningsvry op die puntstukke aangesluit word.
• Slangaansluitings word ook voorsien. Saag die slangaansluitstukke op die gewenste maat af en
draai dit, saam met die rubber digtingsring, handvas in die ø 50 mm verloopstuk. Voorkom
onnodige skade deur uitsluitend die aansluitstukke wat voorsien word te gebruik.
• Sorg daarvoor dat die toestel nooit droog loop nie. Installeer die ProfiHeater daarom altyd
horisontaal, met die in- en uitlaat aan die bokant. Op hierdie manier staan daar altyd water in die
toestel, ook wanneer die pomp onverhoop sou onklaar raak.
• Sluit die pomp aan op die ProfiHeater en stel die pomp in werking. Kontroleer die sisteem vir
deurvloei en lekkasies. By 'n eventuele lekkasie op die slangaansluitings, (nooit forseer nie!),
verhelp die lekkasie met behulp van byvoorbeeld 'n stukkie Teflonband om die skroefdraad van
die aansluiting.
• Druk die prop van die verwarmingselement in die kragsok en stel die termostaat in op die
gewenste temperatuur. Sodra die ingestelde temperatuur bereik is, sal die lampie uitgaan.
Tegniese spesifikasies:
• Maksimum vloeitempo
• Maksimum druk
• Maksimum chloried
• Maksimum chloor
Artikelnommer: E830000 ProfiHeater 1 kW (860 kcal/h)
2.500 L
Artikelnommer: E830001 ProfiHeater 2 kW (1720 kcal/h)
5.000 L
Artikelnommer: E830002 ProfiHeater 3 kW (2580 kcal/h)
7.500 L
Waarborgvoorwaardes
Hierdie produk is gedurende 2 jaar na aankoopdatum gewaarborg teen fabrieksfoute. Geen
waarborg kan verleen word teen die deurbrand van die element met 'n moontlike kortsluiting as
gevolg nie. Waarborgeise kan slegs behandel word as die produk gefrankeer teruggestuur word
en vergesel is van 'n geldige bewys van aankoop. Waarborgeise wat veroorsaak is deur
installerings- of bedieningsfoute word nie erken nie. Defekte wat ontstaan deur gebrekkige
onderhoud val nie onder die waarborg nie. Herstelwerk onder waarborg mag uitsluitend deur die
verskaffer uitgevoer word. Die verskaffer kan nie aanspreeklik gehou word vir voortvloeiende
skade wat deur die onklaarraking, gebrekkige onderhoud of verkeerde gebruik van die toestel
ontstaan nie. Die waarborg verval indien ekstra voorsienings of veranderings aan die produk
gemaak is wat nie by die standaarduitrusting hoort nie (bv. gebruik van 'vreemde' aansluitstukke, afsny
van kragprop en die boor van ekstra gate).
20.000 l/h
3 bar
150 mg / per liter
1 mg / per liter
Swembadinhoud:
Swembadinhoud:
Swembadinhoud:
ZA
15