Die nie-nakoming van hierdie waarskuwings kan lei tot skade aan eiendomme, elektriese skok, verstrikking of ander ernstige
verwondings en selfs die dood.
Die waarskuwings, instruksies en veiligheidsaanwysings, wat saam met hierdie produk voorsien word, wys slegs op algemene gevare wat met
waterrekreasie verband hou en nooit op alle spesifieke risiko's en gevare nie. Gebruik u gesonde verstand en helder oordeel by alle vorms van
aktiwiteite in die water. Lees, begryp en volg alle aanwysings noukeurig op voor installering en gebruik.
Installering
Sorg dat die kragprop uit die kragsok is.
1 Klik met behulp van 'n skroewedraaier die swart bevestigingsklip (A) van die voorskakeltoestel (B) los. Draai hierna die skroefring (C) van die
voorskakeltoestel (B) los en haal dit uit die filteromhulsel (D) (sien tekening 1). Skuif die UV-C lamp wat voorsien word versigtig in die
kwartsglas (O). Bevestig die lamp in die lamphouer (Q), plaas die voorskakeltoestel met die lamp in die lamphouer op die omhulsel en draai die
ring weer vas. Klik die bevestigingsklip hierna weer terug op die skroefring van die voorskakeltoestel.
2 Sluit die swembadslang aan op die slangaansluiting. Let by installering ekstra goed op die juiste posisie van die 2 aansluitings (E & R) (sien
tekening 2). Aansluiting (E) is die inlaat waar die water in die toestel gesuig word. Aansluiting (R) is die uitlaat waar die water weer terug na
die swembad gepomp word. Die uitlaatdeursnee mag nooit kleiner wees as die inlaatdeursnee nie. U kan die Compact4pool ook aansluit met 'n
PVC pyp wat u met gom op die Ø40 mm pypaansluiting (E) bevestig.
3 Plaas die Compact4pool minstens 20 cm laer as die wateroppervlak in die swembad. Plaas dit op 'n vaste plek met 'n stewige ondergrond.
Moenie die toevoerslang bo die watervlak laat uitsteek nie. So word voorkom dat die pomp in die Compact4pool droog loop.
4 Plaas die kragprop in 'n geaarde kragsok, by voorkeur met sluitklep (sien tekening 4). Lê die kragprop nooit in nat gras of op 'n nat ondergrond nie.
5 Kontroleer of die lamp brand deur middel van die transparante verbindingstuk (S) tussen die filteromhulsel en die pomp. Indien die lamp brand
behoort 'n blou lig deur die transparante verbindingstuk sigbaar te word. Ingeval van swak sig by daglig kan u die kontrole van die lamp in 'n
donker ruimte uitvoer.
Montering / Demontering / Reiniging
Filterpatroon
Die filterpatroon in die Compact4pool is eenvoudig om te reinig en kan steeds hergebruik word. By intensiewe gebruik moet die filterpatroon elke
twee weke gereinig word.
1 Haal die kragprop uit die kragsok.
2 Skroef die swart kunsstof moere (L) van die beuel los (K) en verwyder die beuel van die standaard (M) (sien tekening 3).
3 Maak die filteromhulsel (D) los en verwyder die filterpatroon (N).
4 U kan nou die filterpatroon reinig.
5 Plaas die filterpatroon (N) na reiniging terug oor die kwartsglas (O) en sluit die filteromhulsel (D).
6 Plaas die swart beuel (K) weer terug op die omhulsel en bevestig dit met die bybehorende moere (L).
Kwartsglas
Die kwartsglasbuis waarin die lamp steek behoort minstens 2 maal per jaar gereinig te word. Wanneer die algegroei en/of kalklaag toeneem,
moet die kwartsglasbuis meer gereeld skoongemaak word.
1 Verwyder die kragprop uit die kragsok.
2 Skroef die swart kunsstof moere (L) van die beuel los (K) en verwyder die beuel van die standaard (M) (sien tekening 3).
3 Maak die filteromhulsel (D) los en verwyder die filterpatroon (N).
4 U kan nou die kwartsglas (O) en die filterpatroon reinig.
5 Plaas die filterpatroon (N) na reiniging terug oor die kwartsglas (O) en sluit die filteromhulsel (D).
6 Plaas die swart beuel (K) weer terug op die omhulsel en bevestig dit met die bybehorende moere (L).
UV-C lamp
Die UV-C lamp moet na 5.000 brandure vervang word. Sorg dat die Compact4pool altyd uitgeskakel is wanneer die lamp vervang word. In die
lamphouer sit 'n ingeboude skakelaar. Indien u die voorskakeltoestel met lamp uit die filterhuis trek, gaan die lamp outomaties uit. Die kontrole of
die lamp brand kan slegs via die transparante verbindingstuk (S) tussen die filterhuis en die pomp uitgevoer word.
1 Verwyder die kragprop uit die kragsok.
2 Klik met behulp van 'n skroewedraaier die swart bevestigingsklip (A) van die skroefring los (C). Draai met die hand die skroefring (C) van die
voorskakeltoestel los van die filteromhulsel (D). (sien tekening 3).
3 Skuif die transformator effens na agter en klik die UV-C lamp (P) versigtig los van die lamphouer (Q) en lê die transformator tydelik opsy.
4 Haal die ou UV-C lamp uit die kwartsglas en steek daarna versigtig die nuwe vervangings UV-C lamp in die kwartsglas.
5 Klik die lamphouer (Q) van die voorskakeltoestel (B) vas aan die nuwe lamp. Doen dit versigtig aangesien dit breekbare onderdele betref.
6 Toets of die lamp brand via die transparante verbindingstuk tussen die filter en die pomp (sien punt 5 van hoofstuk "installering").
7 Monteer die komplete transformator hierna d.m.v. die skroefring (C) en die bevestigingsklip (A) weer aan die filteromhulsel.
44