kabels met mekaar ooreenkom: blou by blou, bruin by bruin. Draai ten slotte die skroefies van die aansluitblok vas. Die beschermkappie
van die aansluitblok plaas u daarna weer terug. Kontroleer of die swart mantel van beide stukke kabel ver genoeg in die verbindingstuk sit
en skroef die dekseltjie vas.
7 By die demontering van 'n nuwe omhulsel of elektriese gedeelte, lees asb. eers die hoofstuk Installering en Demontering. Die elektriese
gedeelte van die toestel bevind hom in die vertoonkas (W) op die toestel. Hierdie vertoonkas is gelym en kan nie oopgemaak word nie. By
vervanging van die elektriese gedeelte, moet die volledige kas losgeskroef word en die bedrading van die toestel losgemaak word (sien
tekening 1 & 5). Skroef die skroefdeksel (N) los en maak die lamphouer versigtig los van die lamp. Maak seker dat u die diverse los
onderdele soos van die aarding ens. goed bewaar. Hulle word nie saam met 'n nuwe omhulsel of elektriese gedeelte verskaf nie. Indien
daar enige moontlike twyfel oor die aansluiting bestaan, raadpleeg 'n erkende elektrisiën.
Die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder is verkrygbaar in die volgende tipes:
Blue Lagoon UV-C Ioniseerder 20.000 Liter / 30 Watt (230 V; 50/60 Hz) artikelnommer: B200001
Blue Lagoon UV-C Ioniseerder 40.000 Liter / 40 Watt (230 V; 50/60 Hz) artikelnommer: B200002
Blue Lagoon UV-C Ioniseerder 70.000 Liter / 75 Watt (230 V; 50/60 Hz) artikelnommer: B200003
Tegniese spesifikasies
• Lamp TUV UV-C
• UV-C uitgangsvermoë (W)
• Swembadinhoud (L.)
• Maksimum vloeitempo
• Maksimum koper
• Maksimum druk
• Maksimum temperatuur
• Minimum temperatuur
• Formaat van aansluiting
• Lengte van toestel
Waarborgvoorwaardes
Met hierdie produk het u 'n uitstekende keuse gemaak. Die toestel is sorgvuldig en met inagneming van alle toepaslike veiligheidsvoorskrifte
inmekaar gesit. Ter wille van die kwaliteit het die verskaffer uitsluitend gebruik gemaak van materiale van hoë gehalte. Die verskaffer
waarborg die toestel vir 2 jaar vanaf die datum van aankoop teen materiaal- en fabrieksfoute. Die lamp en die kwartsglas val buite die
waarborg. Waarborgeise kan slegs behandel word as die produk gefrankeer teruggestuur word en vergesel is van 'n geldige bewys van
aankoop. By installerings- en bedieningsfoute, ondeskundige gebruik, nie-nakoming van veiligheidsvoorskrifte, gebrekkige onderhoud,
beskadiging, asook uitvoering van tegniese veranderings, kan geen beroep op die waarborg gedoen word nie. Die verskaffer behou die reg
voor om die toestel in geval van waarborgeise na eie keuse te herstel of in sy geheel te vervang. Voortvloeiende skade is uitgesluit van die
waarborg. Klagtes wat verband hou met vervoerskade kan slegs aanvaar word wanneer die beskadiging by aflewering deur die
verskepingsagent of poskantoor vasgestel of bevestig is. Slegs dan is dit moontlik om eise in te stel teen die verskepingsagent of poskantoor.
20.000 L
40.000 L
30 Watt
40 Watt
10 Watt
15 Watt
20.000 L
40.000 L
8.000 I/h
20.000 l/h
0,7 dpm
0,7 dpm
3 bar
3 bar
50°C
50°C
0°C
0°C
Ø 63 mm
Ø 63 mm
85 cm
100 cm
70.000 L
75 Watt
25 Watt
70.000 L
25.000 l/h
0,7 dpm
3 bar
50°C
0°C
Ø 63 mm
100 cm
51