Blue Lagoon В200001 Manual Del Usuario página 49

20.000 / 40.000 / 75.000 litres
Tabla de contenido
Idiomas disponibles
  • ES

Idiomas disponibles

  • ESPAÑOL, página 20
Vervanging van lamp en kopereenheid
Die UV-C lamp en die kopereenheid hou 2 swemseisoene lank by 'n gebruik van 12 uur per dag 6 maande per jaar. Wanneer die nommer "88"
op die vertoonskerm van die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder flikker behoort u die UV-C lamp en die kopereenheid te vervang. 'n Vervangstel is
beskikbaar by die verskaffer waar u die toestel gekoop het. Elke tipe toestel het sy eie vervangstel i.v.m. die tipe UV-C lamp. Wanneer u die
UV-C lamp en die kopereenheid vervang het, kan u die vertoonskerm herset deur die "+" en die "-" knop tegelykertyd gedurende 3 sekondes
ingedruk te hou.
Vervangstel: Koper, Blue Lagoon lamp 30 Watt & toetsstrokies artikelnommer: B200011
Vervangstel: Koper, Blue Lagoon lamp 40 Watt & toetsstrokies artikelnommer: B200012
Vervangstel: Koper, Blue Lagoon lamp 75 Watt & toetsstrokies artikelnommer: B200013
Voordele van UV-C behandeling:
- Sorg vir vars, skoon en helder water
- Disinfekteer water op 'n doeltreffende en veilige manier
- Beskerm u swembad teen siektekieme
- Hou die vorming van skimmel, bakterieë en alge onder beheer
- Kan die gebruik van chloor en andere chemikalieë met 100% verminder
- UV-C lig breek gebonde chloor af
- Beter vir die omgewing in vergelyking met tradisionele metodes
Eienskappe van Blue Lagoon UV-C Ioniseerder:
- Swem sonder chloor is moontlik
- Tot 80% disinfeksie deur UV-C
- Tot 20% disinfeksie deur koperelektrolise
- 316L vlekvryestaal binnewerk tot 35% meer UV-C opbrengs deur refleksie
- UV-C lamp en kopereenheid hou 2 swemseisoene lank
- Eenvoudige installering en instandhouding
- 2 jaar waarborg op fabrieksfoute
- Blue Lagoon UV-C Ioniseerder is geaard
Veiligheid
Hierdie toestel produseer skadelike straling. Direkte kontak kan gevaar oplewer vir oë en huid. Kontroleer die werking van die UV-C
lamp uitsluitend via die transparante onderdele van die eenheid.
- Moenie die toestel gebruik indien enige onderdele (in die besonder die kwartsglas) beskadig is nie.
- Skakel die toestel altyd af wanneer daar geen water deurstroom nie.
- Sorg dat die kragprop droog bly.
- Gebruik uitsluitend goedgekeurde veiligheidsmuursokke.
- Sluit die toestel veiligheidshalwe uitsluitend aan op 'n groep met 'n aardlekstroombreker met 'n uitskakelstroom van minder as 30 mA.
- Laat indien nodig deur 'n erkende elektrotegniese installeerder 'n geskikte aansluiting aanlê as geen van die aanwesige aansluitings aan
die vereistes voldoen nie.
- Verwyder die toestel by bevriesingsgevaar tydens die wintermaande.
- Ná die toestel uitgeskakel is, sal die lamp nog ongeveer 10 minute lank warm bly.
- Die kabel van die toestel is nie vervangbaar nie. In geval van beskadiging van die stroomkabel moet die komplete elektriese gedeelte
vervang word. Die prop van die toestel kan nie vervang word nie en mag nooit verwyder word nie.
- Die toets van die water is van groot belang! 'n Te hoë kopergehalte kan verkleuring veroorsaak aan u swembad, swemklere, naels en
blonde hare. 'n Te lae kopergehalte kan die water nie voldoende disinfekteer nie. Handhaaf die voorgeskrewe balans van 0,4 tot 0,7 dpm.
Programmeer 'n herinnering in u telefoon om te voorkom dat u dit vergeet.
- Moet NOOIT die Blue Lagoon UV-C Ioniseerder tesame met 'n southoudende elektrolisestelsel of in 'n soutwaterbad gebruik nie. Die
kombinasie van koper en sout kan 'n hoogs giftige chemiese reaksie veroorsaak.
- Die vlekvryestaal omhulsel van die toestel is nie geskik vir soutwaterswembaddens met 'n hoë soutgehalte nie. By 'n te hoë soutgehalte
oksideer die staal en raak die omhulsel onherstelbaar beskadig.
49
Tabla de contenido
loading

Este manual también es adecuado para:

В200002В200003

Tabla de contenido